Visse byt vir ‘n vale by kompetisie
Dalene Hoffman het in die vroue-afdeling geseëvier met 24 visse van 8,305kg en het ook die swaartse kleinbekgeelvis uitgetrek.
Standerton en Distrik Hengelklub het onlangs lyne natgemaak waar 11 hengelaars 164 visse, met ‘n totale gewig van 60,52kg, vasgekap het.
Florus van der Westhuizen het eerste in die seniorafdeling geëindig met 26 visse van 12,525kg, gevolg deur Tommie Roberts met 27 visse van 8,125kg en Manuel Couteno met 23 visse van 9,525kg.
Dalene Hoffman het in die vroue-afdeling geseëvier met 24 visse van 8,305kg en het ook die swaartse kleinbekgeelvis uitgetrek.
Mac McCarthy het die swaarste moddervis gevang, Couteno die swaarste karp en Riaan Draper die swaarste baber.
Mpumalanga se senior A-span en senior B-span het onderskeidelik die tweede en eerste plek tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap behaal.
Die klub het Niel Jansen van Rensburg, Thys Greyvenstein, Jako Fourie, Kurt Stroger, Gareth Fransman, Morné Kühn en Tieg Barnard gelukgewens wat na die nasionale proewe genooi is.
Die SAVOF se senior proewe vind vanaf 15 tot 16 Mei plaas.



