Local sportSport

Johan Grabe durf Grootdraaidam op ’n kajak aan

Johan, wat lid is van die East Rand Kayak Club, het dié gedagte sedert kinderdae gekoester.

Johan Grabe, oud-inwoner, het op Saterdag 21 Maart ‘n kajakroei op Grootdraaidam aangepak en moontlik die eerste roeier geword om die 30,27km af te lê.

Hy het die tog vanaf die inloop van die Vaalrivier tot by die damwal voltooi en by die kampterrein uitgeklim.

Die Standerton Advertiser was vanaf 9vm by die dam en die ‘grootdraai’ het nuwe betekenis gekry toe bygehou moes word.

Eers is deur die ingang van Departement van Waterwese gegaan, besef Johan is moontlik elders, terug op die grootpad, om by die bootklub langs, deur ‘n verkyker, hom op te spoor.

Johan was in selfoonverbinding by tye en Google-maps het ‘n aanduiding van sy posisie gegee.

Terug na die departement se ingang en die koerant en slegs ‘n ietwat moeë Johan kon mekaar uiteindelik ontmoet.

Hy die die vaart in ‘n tyd van 3:03,24 voltooi en die hoogste spoed was 18,0km/h.

Johan, wat lid is van die East Rand Kayak Club, het dié gedagte sedert kinderdae gekoester.

“Ek wou van kleintyd af ‘n kajak op die dam sit en nou, op die ouderdom van 41, het alles in plek geval,” het hy gesê.

Die meganiese ingenieur het navorsing gedoen en tot die slotsom gekom dat geen roeier al die tog onderneem het nie.

Sy fiksheidsroetine was hoofsaaklik roei op die Homestead Dam in Benoni, met so ‘n bietjie draf somtyds.

Hy oefen ook ‘n Israeliese selfverdedigingsisteem en Japanse ‘aikido’ is nie bo sy vuurmaakplek nie.

‘n Vriend op ‘n motorboot het as ondersteuning ook die tog onderneem, sonder om enige hulp te verleen.

“Ek wil graag my pa, Johan en mnr. Marius Grobler van Middelburg vir hul ondersteuning bedank,” het Johan mee afgesluit.

Johan Grabe na afloop van die kajaktog op Saterdag 21 Maart op Grootdraaidam.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button