BETHAL – Gholfspelers het op Vrydag, 20 Maart ‘n opedag by Bethal Gholfklub geniet en kon teen billike pryse gholf speel.
Die organiseerder van die dag, mnr. Jorrie Jordaan, het gesĂȘ die doel van die dag was sodat mense kon gaan kyk hoe Bethal Gholfklub se baan lyk en watter geriewe hulle het.
“Ons baan is in ‘n goeie toestand en ons het onlangs van die geriewe opgegradeer.”
Belangstellendes is welkom om Bethal Gholfklub te besoek en ‘n ronde gholf te gaan speel.
Skakel die klub by 072 122 2361.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



