Covid-19: Oefen steeds gholf tydens inperking
Mnr. Henry Brooks, ’n plaaslike gholfafrigter, het aan Ridge Times verklap hoe hy in hierdie tydperk in ’n goeie kondisie bly.
EVANDER – Met al die gholfbane wat in die grendelstaat gesluit is, is dit baie moeilik vir gholfspelers om fiks te bly en hul spelvorm te behou.
Mnr. Henry Brooks, ‘n plaaslike gholfafrigter, het aan Ridge Times verklap hoe hy in hierdie tydperk in ‘n goeie kondisie bly.
“Ek hou my self besig met gymwerk by die huis. Ek doen maag-oefeninge, veral planking. Ek doen ook verskeie been-oefeninge, asook oefeninge vir boarmspiere, en skouer-oefeninge met ligte gewigte,” het mnr. Brooks gesê.
Ander fisiese oefeninge wat ook gedoen kan word, is byvoorbeeld om ‘n bokssak te slaan en tou te spring as dit by die huis beskikbaar is.
“Verskeie kreatiewe maniere om gholf te oefen tydens die inperking is om ‘n mini-baan (putt-putt) binne die huis te maak as jou matte glad genoeg is. Andersins kan dit ook buite in jou erf gedoen word,” het mnr Brooks gesê.

‘n Ander manier om selfs jou swaai te oefen, is om ‘n fyn net of ‘n groot kombers of laken in ‘n boom in die tuin vas te maak en dit tot op die grond te laat hang.
Staan dan naby genoeg daaraan om die gholfballetjie te slaan dat dit die laken, kombers of net tref.
Op hierdie manier kan jy jou dryf oefen en die golfballetjies behou sonder om ander voorwerpe in die tuin per abuis stukkend te slaan.
As jy nie jou vrou wil ongelukkig maak deur haar lakens of komberse in die tuin te hang nie, is daar ‘n alternatiewe manier om dryfkrag te beoefen. In plaas daarvan om ‘n drywer te gebruik om die krag van jou dryf te oefen, kan jy ook ‘n langhaar-strooibesem gebruik.
Die gewig en die weerstand wat die besem bied wanneer dit geswaai word, sal die krag verbeter wat jy agter jou dryf sit wanneer jy afslaan.
Gholfballetjies is nie nodig vir hierdie oefening nie.
Bron: We play golf – YouTube.
Also read: Covid-19: Locals show how they are staying fit during lockdown
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).



