Local sportSport

Francois Klopper is nuwe bestuurder by Walker Park Gholfklub

Hy het ’n besondere liefde vir gholf en het dié sport reeds as 13-jarige opgeneem danksy sy pa se blootstelling aan die spel.

EVANDER- Mnr. Francois Klopper (39) het in Oktober verlede jaar as die nuwe Walker Park Gholfklub-bestuurder begin werk.

Hy het ’n besondere liefde vir gholf en het dié sport reeds as 13-jarige opgeneem danksy sy pa se blootstelling aan die spel.

Hierdie is nie die eerste keer wat mnr. Klopper ’n gholfklubbestuurder is nie,

Hy was voorheen die algemene bestuurder by die Benoni Lake-klub gewees en het ook as ’n assistent-gholfdirekteur by Danefern Country Club in Fairways gewerk en was ook nege jaar gelede by Graceland se buiteklub betrokke.

Mnr. Klopper het vir sowat ’n jaar lank professioneel gholf gespeel voordat hy weens ’n rugbesering die gholfstokke moes neerlê. Hy was hierna vir drie jaar ’n gholfafrigter by Golf Guys in Johannesburg, waar hy sy eie akedamie gehad het.

“Ek het terug Secunda toe gekom en die pos as klubbestuurder by Walkerpark aanvaar omdat dit iets is wat ek baie geniet en as ’n nuwe uitdaging gesien het,” het mnr. Klopper gesê.

Mnr Franois Klopper het in Oktober as die nuwe bestuurder van Walkerpark Gholfklub begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button