Local sportSport

Francois Streicher van Standerton trap sy kop skoon

Of hy nou 'n pad- of bergfiets ry, die speke sing behoorlik selfs vroegoggend op 9 Junie by Katbosspruit, toe die kwik tot -6,5 gedaal het. 

Die voorsitter van Standerton Trapklub, Francois Streicher, het kans vir ‘n allemintige uitdaging in die grendeltydperk gesien toe die klubuitdaging vanaf 27 Maart tot 30 April suksesvol deurgevoer is.

In dié vyf weke se Trapklub-uitdaging kon deelnemers op hul oefenfietse ry, trapmeule loop/draf, oefenroetines doen, in hul erwe hardloop, touspring of swem.

Francois en Nadia Stuckler het ook aan ‘n deurnaguitdaging deelgeneem waar elkeen in sy/haar eie huis 361km op ‘n oefenfiets moes aflê. Die kilometers is in ‘n tyd van 12:45,00 voltooi.

Francois Streicher het die klubuitdaging gemonitor en die wenners is bepaal deur te kyk wie die meeste gewig tydens die grendeltydperk verloor het.

Altesaam 37.9kg is afgeskud.

Francois Streicher is ’n gereelde deelnemer aan die ‘parkrun’ op Standerton.(Foto: Verskaf)

Hy is vir die afgelope jaar voorsitter en die klub, wat 67 ingeskrewe lede met ‘n besige Facebook-bladsy het.

Of hy nou ‘n pad- of bergfiets ry, die speke sing behoorlik selfs vroegoggend op 9 Junie by Katbosspruit, toe die kwik tot -6,5 gedaal het.

Francois het meer as 600 medaljes in sy besit en het die Cape Argus al 12 keer voltooi en die 94.7 13 keer.

Die wedren waaraan hy die beste herinneringe saamdra, is die Trans-Baviaans wat hy in Augustus 2018 voltooi het.

Dié roete oor 230km vanaf Willowmore deur die Baviaanskloof tot by Jeffreysbaai beteken dat daar in die aand ook gery word.

Ook was daar die Karoo to Coast 100km vanaf Uniondale deur die Prins Alfred-pas tot in Knysna wat op deelnemers gewag het.

“Ek het die spook van Uniondale gesoek, maar nie gekry nie,” het Francois geskerts.

Hy is voor enige wedren gehandskoen en gewapen met energiestafies vir die pad, en drink water by die waterpunte.

Francois het in 2002 aktief begin oefen en maak ook gereeld sy opwagting by die Standerton Rivierpark se ‘parkrun’.

Voorts is daar ‘n uitdaging van 25 ‘push-ups’ per dag vir 25 dae, wat gekoppel is aan bewusmaking oor post-traumatiese stressteurrnis.

“Ek beveel aan dat mense iets buite hul werk kry om aan deel te neem,” was sy ernstige raad. Dit is die beste anti-depressant.”

Standerton Trapklub se voorsitter, Francois Streicher, spog met meer as 600 medaljes wat al in wedrenne gewen is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button