Local sportSport

Inperkingstyd kry sportmanne nie onder

Fietsryers geniet warmer weer afgelope naweek

SECUNDA – Hoewel dit nog inperkingstyd is en fietsryklubs nie amptelik kan begin oefen of wedrenne reël nie, het fietsryers van verskeie klubs in die omgewing die afgelope naweek gaan fietsry en hul oefensessie ingekry.

Van die bergfietsryers het grondpaaie om die dorp gery terwyl sommiges met hul gesinne in die groenstroke gaan ry het en nog ‘n groep het met hul padfietse Val toe en terug gery.

Dit was ‘n rit van 140km.

Van die fietsryers het oudergewoonte ná hul oefenrit by die Redemptive Coffee-stalletjie in Drakensbergstraat op Secunda gestop vir ‘n boeretroos.

Die padfietsryers wat op Saterdag, 1 Augustus die lang pad Val toe aangedurf het, is Waldu Bakker, Stefan Kruger, Stefan Lombard, Jan Rabie en Maree Verhoef. (Foto: Verskaf).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button