Skuts van Edelvalk-tak hou takskietkompetisie
STANDERTON - Die tak het Jako Steenkamp, Iwan Lues, Jacques Dalhouzie, Wynand Ferreira, Stoffel Bester, Elri Bester en Carla Lues vir hul hulp bedank.
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het op Saterdag 8 Augustus hul stilswye verbreek en ‘n takskietkompetisie aangebied.
Die uitslae vir die onderskeie afdelings is soos volg:
By die jakkalstabel het Stoffel Bester eerste met 150,02 geëindig, gevolg deur Callie Duminy met 100,00 en Carla Lues met 95,00.
In die vroue-afdeling het Carla Lues met 95 die septer geswaai, terwyl Elri Bester met 70 tweede was en Helen Ellis met 15 derde.
Leo Bester het die juniorafdeling met 65 beklink, gevolg deur Carel Bester met 35.
By die springboktabel het Evert Genis se 260,05 aan hom die eerste plek besorg, terwyl Jako Steenkamp met 260,05 tweede was en Stoffel Bester met 260,04 derde.
In die vroue-afdeling was Carla Lues met 250,04 onoorwonne, gevolg deur Elri Bester met 250,01 en Helen Ellis met 110,00.
Leo Bester het ook by dié tabel sy slag met 110,02 gewys en Carel Bester was tweede met 90,00.
By die blouwildebeestabel het Jaco Booysen met 250,05 koning gekraai, terwyl Stoffel Bester tweede met 250,04 geëindig het en Jean van den Berg derde met 250,01.
Carla Lues het weer eens haar staal gewys met ‘n eerste plek in die vroue-afdeling na 220,01, gevolg deur Carla du Plessis met 170,01 en Elri Bester met 160,03.
Corrie Visagie het die juniorafdeling gewen met 180,02, terwyl Leo Bester tweede was met 130,02 en Carel Bester derde met 40,00.
By die fisant-haelgeweertabel kon Hannes Uys met 13/15 die eerste plek inneem, terwyl Cobus Uys tweede met 12/15 en Stoffel Bester derde met 11/15 was.
Corrie Visagie het vir die juniors presteer met 10/15, gevolg deur Carel Bester met 9/15. By die pistool-posligatabel het Jacques Dalhouzie die eerste plek met 139 behaal, terwyl Cobus Uys met 138 tweede was en Jako Steenkamp met 136 derde.
Carla Lues het ook in dié tabel stof in haar teenstanders se oë geskop met 54, terwyl Elri Bester met 45 tweede was en Liezel Kapp met 26 derde.
Carel Bester het die juniorafdeling met 53 gewen en Corrie Visagie was tweede met 26.
Die tak het Jako Steenkamp, Iwan Lues, Jacques Dalhouzie, Wynand Ferreira, Stoffel Bester, Elri Bester en Carla Lues vir hul hulp bedank.
Edelvalk-tak se volgende skietdag sal nog aangekondig word.



