Fietsryers kan hul staal wys op Secunda tydens tydtoets
Dit begin om 9.30vm en 11vm en elke fietsryer moet, sodra hy klaar gery het, 'n foto van hom en sy fiets neem met sy Redemptive Coffee-koppie koffie met Saterdag se datum op die beker geskryf.

SECUNDA – Fietsryers kan hul fietse afstof en op Saterdag, 22 Augustus aan die tydtoets op die dorp deelneem. Redemptive Coffee en Pure Cycles bied dié nie-amptelike tydtoets aan en fietsryers gaan alleen moet ry om deel te neem.
Dit begin om 9.30vm en 11vm en elke fietsryer moet, sodra hy klaar gery het, ‘n foto van hom en sy fiets neem met sy Redemptive Coffee-koppie koffie met Saterdag se datum op die beker geskryf.
Inskrywingsgeld is R20 en deelnemers sal ‘n gratis koffie of koeldrank van Redemptive Coffee ontvang. Fietsryers moet ook, as hulle klaar gery het, ‘n skermgreep van hul GPS neem (wat die spoed insluit) en dit na 084 880 9662 stuur.
Fietsryers moet ook in die boodskap sê hoe die roete voltooi is, alleen of in ‘n span van twee en of dit met ‘n bergfiets of padfiets was.
Al die geld wat op dié dag ingesamel gaan word, gaan aan liefdadigheid geskenk word. Volgens die organiseerders gaan dié nie-amptelike geleentheid maandeliks aangebied word en dit is vir gesonde kompetisie teen jouself of ander.
Vir meer inligting, besoek Redemptive Coffee of Pure Cycles se Facebook-blaaie.



