Duiwe van Standerton Posduifklub vat die langpad
Die wenduif in die jaaroudafdleing het teen 'n spoed van 1 401m/per minuut gevlieg.
Standerton Posduifklub se lede het die afgelope naweek aan ‘n wevlug vanaf Dewetsdorp deelgeneem waar die duiwe ‘n gemiddelde afstand van 373km afgelê het. Die wenduif in die jaaroudafdleing het teen ‘n spoed van 1 401m/per minuut gevlieg. Die uitslae in dié afdeling was soos volg: Rudolf Fritz se duiwe het eerste, vierde, 21ste en 38ste plek behaal, Boeta Homan se duiwe die tweede, sesde, 13de en 27ste, David van der Linde se duiwe in span A die derde, 16de, 28ste, 32ste en 34ste, in span B die negende, 10de, 26ste en 33ste. Norden Lombard se duiwe in span A die agtste, 12de, 18de, 19de, 23ste, 24ste, 35ste, 36de, 40ste en 47ste, in span B die 17de, 20ste, 22ste, 29ste en 46ste en in span C die 41ste, 42ste en 49ste. David Armitage se duiwe het in span A die 45ste en 48ste plek behaal, en in span B die 15de, 25ste, 30ste, 37ste en 43ste. Nico van Jaarsveld se duiwe het die sewende, 11de, 31ste en 50ste plek behaal. Ben Steyn se duiwe het die vyfde, 14de, 39ste en 44ste plek behaal. Die uitslae in die ope-afdeling was soos volg; Ben Steyn se duiwe het die eerste, vierde, sewende, 14de en 44ste plek behaal, David van der Linde se duiwe het in span A die tweede, vyfde, sesde, negende, 10de, 28ste, 35ste en 38ste plek behaal, in span B die agtste, 21ste, 29ste, 30ste, 31ste, 33ste en 49de. Nico van Jaarsveld se duiwe het die derde, 39ste en 45ste plek behaal. Rudolf Fritz se duiwe het die 15de, 20ste en 42ste plek behaal. David Armitage se duwe het in span A die 11de, 25ste, 43ste en 47ste plek behaal, in span B die 19de, 26ste, 34ste, 46ste en 48ste. Norden Lombard se duiwe het in span A die 17de, 27ste en 50ste plek behaal, in span B die 12de, 16de, 24ste en 36ste, in span C die 13de, 18de, 22ste, 23ste, 32ste en 37ste. Boeta Homan se duiwe het die 40ste en 41ste plek behaal. Die volgende wedvlug sal vanaf Tierpoort plaasvind.



