Perderuiters geniet uitstappie op Secunda
Dié ruiters het naby Albany Bakkery op Secunda bymekaar gekom en deur die velde om Secunda en die groenstroke gery na Uitbreiding 22 waar hulle roomys geniet het voordat hulle in die oop veld oorkant die Secunda Eendedam gestop het en iets geëet het.
SECUNDA – Perderuiters van Elmar Ruiterskool en Trichardt Ruiterskool het hul eerste uitstappie sedert die inperking begin het, op Saterdag, 15 Augustus gehou.
Dié ruiters het naby Albany Bakkery op Secunda bymekaar gekom en deur die velde om Secunda en die groenstroke gery na Uitbreiding 22 waar hulle roomys geniet het voordat hulle in die oop veld oorkant die Secunda Eendedam gestop het en iets geëet het.
Die twee ruitersklubs beplan om in die toekoms weer sulke uitstappies te reël.
Die bestuur van die twee klubs het AfriForum wat gehelp het om die verkeer te reguleer, vir hulle hulp en ondersteuning bedank.
Die groenstroke was vol gebreekte bottels en vullis en die organiseerders moes eers skoonmaak voordat die perde daardeur kon ry.
“Dit is hoekom ons nie meer so baie uitstappies deur die dorp doen nie, want die groenstroke is te vuil en die bottelstukke is gevaarlik vir die perde. As hulle hul pote sny, kos dit baie geld om hulle weer gesond te kry,” het een van die organiseerders gesê.