Grendeltydperk staan nie in pad van sommige deelnermers aan die Standerton parkrun nie
Elmien en Frans en ouma Elna het ’n roete uitgewerk om die 5km by die Standerton Rivierpark te voltooi en dit op 1 Mei aangepak.
Deelnemers aan die parkrun by die Standerton Rivierpark veral die Vermaak-familie en Theo Schönfeldt, het nie oefening agterweë gelaat nie.
Is dit iets in die water of in die bloed?
Elmien en Frans en ouma Elna het ‘n roete uitgewerk om die 5km by die Standerton Rivierpark te voltooi en dit op 1 Mei aangepak.
Boet Ruwan, op sy fiets, doen mee aan die gesinsaktiwiteit.
Ouma het dalk ‘n voorsprong as ‘n mens in ag neem dat die tredmeule by die huis ook aandag kry.
Frans moes gewoonlik sy hond Luka, in bedwang hou voordat die deelnemers om 8vm op Saterdae weggespring het.
“Ons het die eerste naweek die Vrydag en Saterdag oefening ingekry, maar teen Maandag was ons byna almal in traksie,” het Elmien, wat nie die lagbui kon keer nie, gesê.

Wat as ‘n manier afgeskop het om ‘n Saterdag te begin, suur nou deur na Sondae ook.
Theo Schönfeldt, ‘n bekende gesig by die parkrun, neem aktief aan die (not) parkrun deel en oefening kry hy gewis.
“Ek hardloop nou drie maal ‘n week,” het hy gesê.
Fadeela Omar, Mpumalanga-streekambassadeur vir die parkrun, het die beperkings van die Covid-19 regulasies op getalle, weer bevestig.
Tom Williams, hoofbestuursbeampte van die parkrun wêreldwyd, het inligting op 18 Augustus via e-pos gestuur oor die huidige bedrywighede.
‘n Probleem wat uitgelig is, is die vrywilligerrooster wat ingevul moet word met die behoefte aan mense vir skandering van staafkodes.
Volgens die verklaring, is weeklikse opnames gedoen om die gemeenskap se terugkeer na die parkrun te toets, hetsy stap, draf, hardloop of vrywilligersdiens.
Meer as 500 000 vrywilligers is wêreldwyd geregistreer waarvan sowat ses persent nodig is vir ‘n weeklikse geleentheid.
Bystand is beloof aan vrywilligers via bestaande strukture.




