Local sportSport

Lekker Hengel Sosiale Klub hou jaarlikse prysuitdeling

Die Lekker Hengel Sosiale Klub het ook met die jaareindfunksie hul nuwe bestuur verkies.

SECUNDA – Pieter Prinsloo is die Lekker Hengel Sosiale Klub se klubkampioen van die jaar.

Hoewel die grendelstaat vanjaar die hengelaars geknou het, het dié hengelklub steeds voortgegaan en hul jaareindfunksie en prysuitdeling op 29 Augustus gehou.

Prinsloo het, buiten die toekenning as klubkampioen, ook die trofee verower vir die hengelaar wat die meeste vis per kompetisie gevang het.

Fonnie Botha het die Grootste Karp-trofee met ‘n karp van 6,68kg opgeraap.

Hy spog ook met die swaarste sak wat met ‘n kompetisie ingeweeg is. Dié sak het 64,47kg geweeg.

Botha het die tweede plek in die Klubkampioen van die Jaar behaal.

Tiaan Fourie het die derde plek algeheel ingeneem.

Hy het ook die prys vir die grootste geelvis, wat 530g geweeg het, ontvang.

Adrie Engels het vanjaar vir die grootste kneuwel, ‘n baber van 7,37kg, gesorg. Hiervoor is hy met die trofee vir Grootste Barber beloon.

Danie Viljoen se modderbek was die grootste vir die jaar. Die vis het die skaal op 1,45kg getrek.

Die Lekker Hengel Sosiale Klub het ook met die jaareindfunksie hul nuwe bestuur verkies.

Mnr. Innes van Coller is die nuwe voorsitter, mnr. Adrie Engels is die onder-voorsitter, mnr. Tiaan Fourie is die sekretaris en me. Ena van Coller die tesourier.

Die nuut inweegbeamptes wat verkies is, is me. Jorinda van Coller en mnre. Stefan Gouws, Michael Baard en Arno van der Merwe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button