‘Wildcats’ beklink uitdaagskietkompetisie
Edelvalk-tak sal op 10 Oktober ’n .22 ghongskietdag aanbied en het skuts aangemoedig om so gou moontlik in te skryf.
Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 12 September ‘n uitdaagskietkompetisie aangebied.
Die ‘Wildcats’ bestaande uit Stoffel Bester, JC Schoeman, Niel Grabe, Johan Geldenhuys en Maree de Bruin het as oorwinnaars uit die stryd getree.
In die tweede plek was die Kaliberknape van Driaan Podges, Michael Podges (snr), Michael Podges (jnr), Gerhard Bierman en Tinus de Jager.
Die ‘Flying Dutchmen’ bestaande uit Ewald Eksteen, Gerhard Joubert, Johan Smit, Ludwig Claasen en JT Eksteen het derde geëindig.
Edelvalk-tak sal op 10 Oktober ‘n .22 ghongskietdag aanbied en het skuts aangemoedig om so gou moontlik in te skryf, omdat slegs 50 deelnemers toegelaat sal word.




