Local sportSport

Standerton se Nadia Stückler aan’t oefen vir halwe Ystervrou en driekamp

Wolfgang speel ’n hoogs ondersteunende rol vir dié aktiewe sportvrou.

Nadia Stückler van Standerton Trapklub is net bietjie meer as ‘n jaar en ‘n half aan die fietsry, maar kan al ‘n eerste plek of wat in wedrenne agter haar naam skryf.

Die onlangse bergfietswedren oor 60km vanaf Trichardsfonteindam het sy kafgedraf. Nadia en haar man,Wolfgang kom al die pad van Prins Albert af, waar haar ma in hulle afwesigheid die drie gastehuise bestuur.

Klein Gerard het ook sy opwagting gemaak en sal in Oktober vier jaar oud wees. “Pappa oefen nie, hy ‘babysit'”, aldus Nadia.

Nadia Stückler van Standerton is totaal en al verslaaf aan oefening.

Sy was altyd sportief en by Hoërskool Zwartberg het sy aan krieket, netbal, atletiek se kortafstande en tennis deelgeneem en in laasgenoemde SWD-kleure verwerf.

Geen spesiale dieet word gevolg nie, hoewel die innerlike stemmetjie haar bedag op gewoontes maak.

“As ek vanoggend stysel eet, onthou ek later om eerder groente en slaai te eet.”

Nadia het redelik vars van die Erfenisdagoggend se wedren vir die onderhoud opgedaag, weer gereed vir ‘n braai.

Sy oefen in ‘n gimnasium en doen hoë intensiteit intervaloefeninge vir 45 minute, twee maal ‘n week en sy draf gereeld vir so 5km tot 10km, met Woensdae wat dit sy en die muurbalbaan is.

“Ek is totaal en al verslaaf aan oefening,” het sy gesê.

Byna word van die ‘spinning’ vergeet.

Wolfgang speel ‘n hoogs ondersteunende rol vir dié aktiewe sportvrou.

“My man bel my as ek klaar gery het, want hy is baie besorg oor my veiligheid op die pad,” het sy gesê.

Wat oorbly, is die uitmergelende halwe Ystervrou-kompetisie en driekamp.

“Ek hou van ‘n uitdaging,” was haar afskeidswoorde.

Nadia Stückler van Standerton hou haar lyf model. (Foto: Kira Lacock)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button