Willem du Plooy is die wenner van Bethal Gholfklub se gholf- en gesinsdag. Hiér oorhandig mnr. Jorrie Jordaan van die klubbestuur die prys aan hom. (Foto: Verskaf).
BETHAL – Willem du Plooy was die wenner op Saterdag, 3 Oktober tydens Bethal Gholfklub se gholf- en gesinsdag.
Hy het 42 punte aangeteken terwyl Corné Klopper tweede geëindig het met 41 punte en MG Snyman derde met 39 punte.
‘n Sanger vanaf Gauteng, Mari Bosman, het die aand by die gholfklub opgetree en daar was ook ‘n springkasteel om die kinders besig te hou.
Altesaam 79 spelers het aan dié spesiale gholfdag deelgeneem en die klubbestuur het al die spelers vir hul ondersteuning en bywoning bedank.
Righ Potgieter in aksie op die gholfbaan op Saterdag, 3 Oktober tydens Bethal Gholfklub se klub- en gesinsdag.MC Potgieter speel gholf op Saterdag, 3 Oktober tydens Bethal Gholfklub se klub- en gesinsdag.Danie Strydom (snr.) in aksie op die gholfbaan op Saterdag, 3 Oktober by Bethal Gholfklub.MC Potgieter speel gholf op Saterdag, 3 Oktober tydens Bethal Gholfklub se klub- en gesinsdag.Danie Strydom (jnr.) in aksie op die gholfbaan op Saterdag, 3 Oktober.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!