Local sportSport

Standerton Trapklub hou klub se naam hoog

Nadia Stückler het die ander vroue in die 50km geklop en eerste geëindig.

Standerton Trapklub het op Saterdag 3 Oktober aan die MTB Challenge by Henbase Lodge deelgeneem en welslae behaal.

Deelnemers het by dié sosiale bergfietsrit in drie afdelings naamlik 50km, 35km en 10km meegeding.

Nadia Stückler het die ander vroue in die 50km geklop en eerste geëindig.

Nicoline Smith het in die 35km die eerste plek behaal, terwyl John-James Sauer in die 35km tweede geëindig het.

Die gelukkige trekking het niks minder as ‘n fiets gehad, wat gewen kon word nie.

John-James Sauer het op Saterdag 3 Oktober aan ‘n sosiale rit deelgeneem. (Foto verskaf)
Nadia Stückler by Henbase Lodge op Saterdag 3 Oktober. (Foto verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button