Secunda Hengelklub hou prysuitdeling
Louis Ebersohn is as die penkopwenner vir die grootste karp, baber en geelvis, asook die hengelaar met die swaarste sak vis in ’n kubkompetisie aangewys.
SECUNDA – André Ferreira is op Saterdag, 17 Oktober as die 2019-kampioen van Secunda Hengelklub aangewys.
Hy het ‘n totale vis-punt van 5 640.72 vir 2019 aangeteken. Ferreira het ook die trofee as seniorkampioen ingepalm.
Sy seun, Jayden, wat in afdeling vir penkoppe hengel, is as die penkopkampioen gekroon.
Louis Ebersohn is as die penkopwenner vir die grootste karp, baber en geelvis, asook die hengelaar met die swaarste sak vis in ‘n kubkompetisie aangewys.
Dieter Kruger is as die junior wat die grootste moddervis, asook die grootste geelvis vasgekap het, vereer. Hy is as die klub se junior-kampioen aangewys.
Marie Coetzee het die toekennings vir die vrou met die grootste moddervis in ‘n klubkompetisie asook die grootste moddervis-rekord buite die klub ontvang. Sy is ook die wenner van die voorsitterstrofee, en deel die pare-trofee met Joppie De Beer.
Coetzee is dus ook die vroue-kampioen.







