Local sportSport

Secunda-hengelaars vang byna 180kg vis saam

Louis Peens is die senior-wenner van die kompetisie wat op 3 Oktober plaasgevind het.

EVANDER – Secunda Hengelklub-lede het in Oktober aan twee kompetisies by Unicordam deelgeneem.

Louis Peens is die senior-wenner van die kompetisie wat op 3 Oktober plaasgevind het.  Hy het ‘n karp van 1,92kg vasgekap en spog ook met die swaarste sak van 10,43kg.

Die 28 hengelaars het die dag in geheel 88 vis met ‘n totale gewig van 41,69kg uitgetrek.

Peens het op 10 Oktober slegs sosiaal gehengel, maar steeds die visse aan die hoek gekry.  Hy het op hierdie dag 22 visse met ‘n gewig van 31,65kg aan wal getrek.

Die dag is egter deur Andries Engelbrecht gewen.

Hy het die 29 hengelaars uitgestof met 18 vis wat geheel 20,77 geweeg het, asook die grootste karp (4,27kg).

Die 30 hengelaars het gesamentlik 191 vis gevang wat 178.22kg geweeg het.

Arno van der Merwe wys sy vangs tydens ’n klubkompetisie by Unicordam. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button