JC Schoeman beklink groeperingskietdag op Standerton
Die tak beplan om op 16 Januarie volgende jaar by die Evert Genis-skietbaan 'n kompetisie aan te bied, waar skuts hulle slag in die springbok, blouwildebees, handwapen-jag en haelgeweer kan wys.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters-en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die jaar op Saterdag 14 November met ‘n groeperingskietdag afgesluit.
JC Schoeman het met sy telling van 22/25 as wenner uit die stryd getree en ‘n skaap gewen.
Neil Gräbe, wat die skaap geskenk het, het tweede geëindig, ook met 22/25, terwyl Stoffel Bester se 21/25 aan hom die derde plek besorg het.
Leo Bester het vir die juniors 19/25 behaal.
Volgens die komitee, het oom Dave Marais hulle met sy teenwoordigheid kom bederf.
Die tak beplan om op 16 Januarie volgende jaar by die Evert Genis-skietbaan ‘n kompetisie aan te bied, waar skuts hulle slag in die springbok, blouwildebees, handwapen-jag en haelgeweer kan wys.



