Local sportSport

Dean Hall van Secunda weet hoe om ’n gholfstok te swaai

Jong gholfspeler mik na IPT-span.

SECUNDA – Dean Hall, ‘n gr.11-leerder aan Hoërskool Oosterland, is ‘n kranige gholfspeler en het reeds groot hoogtes in dié sport bereik.

Hy het, toe hy ses jaar oud was, al saam met sy pa, mnr. David Hall, begin gholf speel en ook vir lesse gegaan.

Hy het op laerskool aan toernooie en kompetisies begin deelneem.Hy het by die South African Kids-gholforganisasie aangesluit.

Die Mpumalanga Junior Gholf-unie reël ook gereeld kompetisies en toernooie vir kinders en by dié unie het Dean al vir drie jaar provinsiaal deelgeneem en presteer.

Hy is in gr. 6 as die beste speler in die laerskoolafdeling aangewys en verlede jaar is hy vir die Mpumalanga-gholfspan onder die skole gekies.

Hy het eerste geëindig in Mpumalanga – gholfkompetisie vir skole en tweede in die provinsie.

Sy voorgee is ‘n plus 1 en hy het vanjaar reeds twee toernooie in Mpumalanga gewen.

Die gholfkompetisies en toernooie vanjaar was heelwat minder weens Covid-19 en die inperking.

Mnr. Hall het gesê hy het baie waardering vir die Mpumalanga Junior Gholf-unie omdat hulle baie moeite doen met jong gholfspelers en vir hulle baie kompetisies en geleenthede om te leer en hul vaardighede op te skerp, bied.

“Gholf is ‘n goeie sport om nie net as ‘n sport te doen nie, maar dit help ook in besigheid om nuwe kontakte te ontmoet en te netwerk,” het mnr. Hall gesê.

“Dit leer ‘n mens ook van goeie waardes en persoonlike ontwikkeling.”

Hy speel self graag saam met sy seun gholf, maar mnr. Hall beoefen dié sport net as ‘n stokperdjie.

In sy vrye tyd, geniet Dean dit om in die natuur te wees en het onlangs begin om Khoi-visse aan te hou.

Dean se mikpunt in gholf is om die IPT-gholfspan te haal.

Hy het in die begin van vanjaar aan die Gholf RSA se kus- en binnelandse kompetisies deelgeneem en onderskeidelik 21ste en 44ste in Suid-Afrika geëindig.

Dean Hall in aksie op die gholfbaan. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button