Local sportSport

Meyerville Hengelklub se lede ding in onderskeie afdelings mee

Richard Hills is as voorsitter verkies, Shawn Munro as ondervoorsitter, Marianne Erasmus as sekretaris, Leon Holmner as tesourier en Issa Pretorius as rekordbeampte. Die addisionele lede is Elain Munro, Hans Pretorius, Willem Herman en Jurie Moolman.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 14 November ‘n kompetisie by die klubwater aangebied en die algehele wenners in die onderskeie afdelings aangewys.

George Tereblanche het in die penkopafdeling geseƫvier, Germarie Pretorius in die juniorafdeling, Elain Munro in die vroue-afdeling, Richard Hills in die seniorafdeling en Pikkie Gleeson in die meestersafdeling

Altesaam 72 hengelaars, waarvan 11 besoekers, het meegeding.

Die vis van die dag is aan die swaarste karp toegeken.

Carel Lombard het eerste in die meesterafdeling geƫindig met 23 visse van 24,113kg, gevolg deur Danie Human met 24 visse van 15,358kg en Pikkie Gleeson met 11 visse van 9,480kg.

Lombard het die vis van die dag vasgekap.

Phlippie van Vuuren het die seniorafdeling verower met 30 visse van 38,466kg, terwyl Richard Hills tweede was met 23 visse van 22,901kg en Hardus van der Merwe derde met 22 visse van 16,393kg.

Jimmy Gleeson het die vis van die dag inkatrol.

Lettie Strydom was onoorwonne in die vroue-afdeling met 11 visse van 15,417kg, gevolg deur Lethica Human met 15 visse van 9,219kg en Elain Munro met 12 visse van 10,694kg.

Strydom het die vis van die dag aan wal gebring.

Ruan van Zyl het die juniorafdeling gewen met sewe visse van 6,112kg , terwyl Leonardo Parkinson tweede was met sewe visse van 3,927kg en JT Pretorius derde met ses visse van 4,241kg.

Van Zyl het die vis van die dag aan wal gebring. Ty Mortlock het die penkopafdeling beklink met 12 visse van 8,065kg, gevolg deur Juanco van der Merwe met vyf visse van 3,243kg en Alexis Moolman met vyf visse van 2,412kg.

Moolman het die vis van die dag aan wal gebring. Die klub het ook hul komitee vir 2021 aangewys.

Richard Hills is as voorsitter verkies, Shawn Munro as ondervoorsitter, Marianne Erasmus as sekretaris, Leon Holmner as tesourier en Issa Pretorius as rekordbeampte.

Die addisionele lede is Elain Munro, Hans Pretorius, Willem Herman en Jurie Moolman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button