Local sportSport
Perderuiters trek soos seerowers aan vir skattejag op Secunda
Vier wen skattejag-uitdaging by ruitersklub.
SECUNDA – Perderuiters het op Saterdag, 14 November soos seerowers aangetrek en aan Elmar Ruiterklub se skattejag deelgeneem.
Altesaam ses spanne wat uit 23 ruiters van Elmar Ruiterklub en Trichardt Ruitersentrum bestaan het, het aan dié dag deelgeneem.
Die ruiters moes agt skatte vind wat op die gronde van Elmar Ruitersklub versteek is.
Jozua de Beer, Coreta Prinsloo, Marelize van Niekerk en Cara du Preez was die wenners en het daarin geslaag om eerste al agt skatte te vind.
Die organiseerders van dié dag het almal wat deelgeneem het en gehelp het om die dag moontlik te maak, bedank.





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



