Local sportSport

Vroue geniet ‘modderbad’ by Warrior Princess op Secunda

Laerskool Goedehoop bied jaarlikse geleentheid aan.

SECUNDA – Vroue het hul staal gewys op Saterdag, 14 November by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-geleentheid wat by Kamp Oase by Lake Umuzi aangebied is.

Dié kragmeting is ‘n jaarlikse instelling en vanjaar het altesaam 73 spanne wat uit 500 vroue bestaan het, deelgeneem.

Weens die Covid-19-regulasies, kon Goedehoop nie meer spanne toelaat nie.

Die hoofborg vir die dag was Kamp Oase en Lake Umuzi wat aan mnr. Johan Rosslee behoort.

Geen wenners is aangewys nie, want die vroue het dit vir spanbou en vir die prêt gedoen.

Van die ander borge was Grip & Rip Crossfit, Applesoft, Langamed South-nooddienste, Sanitech, Radio Kragbron, Munnik & Rosslee Konstruksie, Kijima Konstruksie, Lesedi Staffing and Training Centre, De Stroom Gastehuis, Noma Kanjani Projects, Stealth Construction en SGB-Cape.

’n Groep vroue durf die heuwel aan op Saterdag, 14 November tydens Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-byeenkoms by Lake Umuzi se Kamp Oase.
DIe Mud Sisters-span in aksie op Saterdag, 14 November tydens Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-by Lake Umuzi se Kamp Oase.
Vroue durf die heuwel aan op Saterdag, 14 November by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag by Lake Umuzi se Kamp Oase.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button