Local sportSport

Laeveld Jagtersvereniging-skuts geniet drie-geweerskietdag

Christelle Aucamp het die vroue-afdeling gewen, met Laetitia van Rooyen in die tweede plek en Thelmari Aucamp in die derde plek.

Die Ermelo Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het op 14 November ’n drie-geweerskietdag aangebied.

Die kompetisie het by die Klipfonteinskietbaan op die Amersfoort-pad plaasgevind.

Rudy Snyman het as die wenner in die senior-skutafdling weggestap.

Riaan Neethling en Riaan Stander het die tweede plek gedeel en Hardus Aucamp het derde geëindig.

Christelle Aucamp het die vroue-afdeling gewen, met Laetitia van Rooyen in die tweede plek en Thelmari Aucamp in die derde plek.

By die veteraan-afdeling het Pieter Ackerman die eerste plek ontvang, met Danie Roos tweede en Costa Klonaris derde.

Die wenners van die vroue-afdeling was Christelle Aucamp, Laetitia van Rooyen en Thelmari Aucamp. (Foto: Verskaf)

Rudi Snyman het die junior-afdeling gewen, met Pieter de Beer in die tweede plek.

Die junior-junior afdeling se wenner was Reynard de Beer.

Tydens elke skietdag word daar ’n gelukkige trekking gehou en Thelmari Aucamp was die wenner van dié trekking.

Vir meer inligting oor die skietklub, kontant me. Santie Rautenbach, Ermelo Laeveld Jagtersvereniging se seketaresse, by 071 674 8178.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button