Kalies en Standerton Trapklub bied pretrit op dorp aan
Deelnemers kan kampstoele en gazebos saambring en 'braaibelasting' van R10 sal gehef word

Laerskool Kalie de Haas en Standerton Trapklub gaan ‘n pretrit, ‘Noon to Moon’, op Vrydag 11 Desember aanbied.
Deelnemers sal die speke laat sing vanaf 6nm en vyf ure later eindig.
Volgens die klub, sal ‘n veilige sirkelroete gevolg word.
Covid-19-toetsing sal ook gedoen word.
Fietsryers is gemaan dat ‘n helm gedra sal moet word en pryse vir die mans-, vroue, junior- (012) en spanwenner is op die spel.
Volgens Francois Streicher, sal ‘n gelukkige trekking plaasvind en ‘n hele skaap kan gewen word.
Lootjies is teen R20 te koop.
Deelnemers kan kampstoele en gazebos saambring en ‘braaibelasting’ van R10 sal gehef word.
Kerrie en rys, warm sjokolade en koffie sal te koop aangebied word.
Registrasie vind om 5nm plaas en die inskrywingsgeld is R10 per fietsryer.



