Local sportSport

Sasol Rugbyklub kry gesoute speler as nuwe afrigter

PJ sien uit na nuwe uitdaging op Secunda

SECUNDA – PJ van Zyl (32) speel al sedert sy skooldae rugby en het, terwyl hy aan die Universiteit van Johannesburg studeer het, vir die Leeus se 0/19-span uitgedraf.

Sy rugbyloopbaan het hom al na verskeie lande wêreldwyd geneem.

Hy verhuis in Desember na Secunda en gaan binnekort as die assistent-hoofafrigter en as speler by Sasol Rugbyklub aansluit.

Hy het later in sy universiteitsloopbaan vir Pukke in die ‘Varsity Cup’ gespeel en het hy ook vir die Luiperds se 0/21-span en die Boland se Kavaliers-rugbyspan op die veld gedraf.

Van Zyl het in vier jaar en sowat 80 wedstryde vir die Kavaliers gespeel voordat hy vir twee jaar in Frankryk professioneel rugby gespeel het.

Hy was daarna in Portugal waar hy deel was van die span wat die nasionale rugbykampioenskap gewen het.

Hy het later Portugal vir Amerika verruil waar hy steeds rugby gespeel het en afgerig het.

In die tyd wat hy in Amerika was, het hy twee keer na Colorado in Amerika getoer en as deel van die Tigers Internasionale Uitnodigingsspan aan die sewes-rugbytoernooi deelgeneem het.

Hy is ook een keer Hong Kong toe om aan die 10s-rugbytoernooi deel te neem.

Van Zyl het op Rustenburg grootgeword en werk as finansiële adviseur vir Attooh en as entrepreneur.

Van die hoogtepunte van sy rugbyloopbaan was toe hy deel was van die span wat in 2011 die Currie Cup se eerste divisie gewen het, die Superliga en nasionale kompetisie in Portugal, die Algarve 7s-toernooi in Portugal gewen het, die bak gewen het by die 10s-rugbytoernooi in Hong Kong en tweede geëindig het in die 7s in Colorado.

As Van Zyl nie op die rugbyveld of by die werk is nie, bestee hy graag tyd saam met sy familie of braai saam met vriende en familie.

PJ van Zyl in aksie op die rugbyveld. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button