Secunda Hengelklub begin jaar met baie vis
Rudi Pretorius het die klubkompetisie, wat by Trichardtfonteindam gehengel is, gewen.
TRICHARDT – Secunda Hengelklub het meer as 500 visse op Saterdag, 9 January vasgekap.
Rudi Pretorius het die klubkompetisie, wat by Trichardtfonteindam gehengel is, gewen.
Hy het die swaarste sak en ook die meeste vis uitgetrek.
Pretorius se 58 vis het saam 16,065kg geweeg. Judi Eberson is die vroue-wenner met 19 vis met ‘n totale gewig van 4,785kg.
Die juniorwenner is Tyrone Mestry. Hy het 45 vis met ‘n totale gewig van 11,705kg uitgetrek.
Herman Schoeman het die grootste karp (1,443kg) gevang.
Cathleen Boucher se karp van 1,135kg het die ander vroue uitgestof.
Die grootste moddervis is deur Tyron Mestry gevang. Dit het 0,0980kg geweeg. Die hengelaars het saam 539 vis gevang en die juniors het 117 uitgetrek.








