Local sportSport

Edelvalk-skuts hou kompetisie by Evert Genis-skietbaan

Stoffel Bester het eerste in die springbok-tabel met 270.08 geëindig, gevolg deur Driaan Podges met 260.07 en JC Schoeman met 250.05.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het op Saterdag 16 Januarie ‘n takskietkompetsie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Skuts het na verskillende tabelle aangelê waarvan die uitslae soos volg is.

Stoffel Bester het eerste in die springbok-tabel met 270.08 geëindig, gevolg deur Driaan Podges met 260.07 en JC Schoeman met 250.05.

Helen Ellis was onoorwonne in die vroue-afdeling met 170 en Elandi Booysen tweede met 150.

Xander Bailey het in die juniorafdeling koning gekraai met 220, terwyl Jaco Booysen tweede was met 180 en JT du Preez derde met 170.

By dié tabel skiet skuts, vanaf 300 meter, drie skote in 120 sekondes vanuit die lêposisie met beperkte ondersteuning voor en agter, vanaf 200 meter drie skote in 120 sekondes vanuit die lêposisie met ondersteuning slegs van voor, en steeds vanaf 200 meter, drie skote in 120 sekondes vanuit die sitposisie met vrye ondersteuning.

Xander Bailey het in die blouwildebees-tabel eerste met 270.07 geëindig, gevolg deur Jaco Booysen met 260.06 en Stoffel Bester met 260.05.

Laurenza Visagie het in die vroue-afdeling die eerste plek behaal met 230, terwyl Helen Ellis tweede was met 220 en Elandi Booysen derde met 150.

Xander Bailey was weer eens in die juniorafdeling eerste met 270.07, gevolg deur Corrie Visagie met 240.03 en Leo Bester met 210.01.

By dié tabel skiet skuts vanaf 300 meter drie skote in 120 sekondes vanuit die lêposisie met beperkte ondersteuning voor en agter, vanaf 200 meter drie skote in 120 sekondes vanuit die lêposisie met ondersteuning slegs van voor, en steeds vanaf 200 meter, drie skote in 120 sekondes vanuit die sitposisie met vrye ondersteuning.

By die fisant-haelgeweer-tabel het Johan Geldenhuys die eerste plek met 13/15 behaal, terwyl Jako Steenkamp 9/15 en JC Schoeman 7/15 aangeteken het.By handwapen-jag het Riaan Booysen se 210 aan hom die eerste plek besorg, terwyl Driaan Podges met 190 tweede en

Stoffel Bester met 180 derde geëindig het.

Skuts het by dié tabel ‘n tydsbeperking van drie minute per afstand. Altesaam vyf skote word vanaf 50m vanuit die sitposisie met beperkte ondersteuning geskiet, en vyf skote word vanaf 25m vanuit die vryhand-staanposisie geskiet.

Die klub het Jako Steenkamp, Jacques Dalhouzie, Wynand Ferreira, Stoffel Bester, Elri Bester, Helen Ellis en Corrie Visagie vir hul hulp bedank.

Edelvalk-tak sal op 23 Januarie ‘n intertak-spanskietkompetisie aanbied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button