Local sportSport

Standerton se Salomé Visser en Charmaine Smith presteer by rolbalproewe

Desmond en Salomé Visser, asook Willie Schneider en Charmaine Smith, het vir die proewe gekwalifiseer.

Salomé Visser en Charmaine Smith van Standerton Rolbalklub is in die Ontwikkelingspan van Mpumalanga-Wes opgeneem.

Dié sportvroue het op Saterdag 6 Februarie op Ermelo aan die proewe vir die Hoëveld Ontwikkelingspan deelgeneem.

Desmond en Salomé Visser, asook Willie Schneider en Charmaine Smith, het vir die proewe gekwalifiseer.

Altesaam 23 spanne het deelgeneem.

Willie en Charmaine het vierde in die parekompetisie geëindig.

Die eerste drie plekke is deur Ermelo verower.

“Dit is ‘n groot prestasie dat Standerton, met so min lede, vir die derde plek moes uitspeel,” het Elrina Greaves gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button