Altesaam 62 hengelaars bring 734 visse aan wal
Elain Munro was onoorwonne in die vroue-afdeling met 18 visse van 8.014kg, terwyl Mariska Joubert tweede was met 12 visse van 10.219kg en Lethica Human derde met 17 visse van 4.741kg.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 13 Februarie ‘n totaal van 62 hengelaars gelok, waarvan 12 besoekers, om 734 visse van 518.395kg vas te kap.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.
Danie Human het in die meestersafdeling geseƫvier met 29 visse van 24.765kg, gevolg deur Carel Lombard met 26 visse van 12.337kg en Duggie Duglas met 19 visse van 15.149kg.
Pikkie Petzer het die vis van die dag inkatrol.
Gerhard van Zyl het eerste in die seniorafdeling geƫindig met 42 visse van 24.401kg, gevolg deur Danny Bosman met 36 visse van 27.946kg en Richard Hills met 41 visse van 22.433kg.
Van Zyl het die vis van die dag aan wal gebring.
Elain Munro was onoorwonne in die vroue-afdeling met 18 visse van 8.014kg, terwyl Mariska Joubert tweede was met 12 visse van 10.219kg en Lethica Human derde met 17 visse van 4.741kg.
Munro het die vis van die dag vasgekap.
Ruan van Zyl het in die juniorafdeling sy teenstanders uitgestof met 17 visse van 12.582kg, gevolg deur JT Pretorius met nege visse van 4.746kg en Hendrik Karelse met sewe visse van 5.179kg.
Ruan van Zyl het die vis van die dag gevang.
Ty Mortlock het in die penkopafdeling die eerste plek behaal met 16 visse van 8.582kg, terwyl Johanco van der Merwe tweede was met nege visse van 5.457kg en Wiano Lottering derde met vier visse van 5.361kg.
Mortlock het die vis van die dag ingeweeg.



