Standerton se juniors en super-juniors kry geleenthede op skietbaan
’n Windbuksskietgeleentheid word op Donderdag 25 Februarie om 6nm by die Standerton Skouterrein gehou.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 20 Februarie by die Evert Genis-skietbaan ‘n kompetisie aangebied.
By die rooibok-met-rus-tabel het Jako Steenkamp eerste met 45.4 geëindig, gevolg deur Jaco Booysen met 44.6 en Stoffel Bester met 44.5.
Vir die vroue het Carla Lues se 40.3 aan haar die eerste plek besorg, terwyl Helen Ellis tweede met 39.5 was en Annatjie Buys derde met 21.2.
Carel Bester was onoorwonne in die juniorafdeling met 43.1, gevolg deur Jaco Booysen met 42.4.
Vir die super-juniors het Janko de Klerk se 41.2 aan hom die eerste plek besorg, gevolg deur Machiel Griesel met 37.1 en Benco Breytenbach met 31.
By die vlakvark-tabel was Jaco Booysen onoorwonne met 44.5, terwyl Stoffel Bester met 44.4 tweede was en Paul de Bruin met 43.3 derde.
Die vroue het in dié afdeling in dieselfde volgorde as by die voorafgaande tabel geëindig, naamlik Carla Lues met 41.3, Helen Ellis met 36.2 en Annatjie Buys met 14.
Jaco Booysen het die eerste plek in die juniorafdeling met 36.1 behaal, gevolg deur Carel Bester met 36.
Vir die super-juniors het Willie Griesel se 41.5, Meeding Eksteen se 27.6 en Janko de Klerk se 14 die eerste drie plekke behaal.
By die kransduif-haelgeweer het David van der Linde die eerste plek met 15/20 behaal, terwyl Jako Steenkamp 14/20 en John Green 12/20 behaal het.
By die posliga-pistool het Stoffel Bester eerste met 156 geëindig, gevolg deur Pieter Griesel met 153 en Ivan Lues met 148.
By die .22 posliga het Stoffel Bester ook eerste met 134 geëindig, gevolg deur Jaco Booysen met 128 en Ivan Lues met 120.
Vir die vroue was Carla Lues eerste met 88 en Helen Ellis tweede met 72.
Jaco Booysen het in die juniorafdeling 96 behaal en Carel Bester 81.
Vir die super-juniors het Janko de Klerk 100 behaal, Meeding Eksteen 98 en Willie Griesel 92.
‘n Windbuksskietgeleentheid word op Donderdag 25 Februarie om 6nm by die Standerton Skouterrein gehou.
Dit is ‘n pretskiet, maar daar is wel geleentheid vir juniors om op nasionale vlak deel te neem.
Die tak het gewere aangekoop om sodoende almal die geleentheid te bied om te kan skiet. Koste beloop R30 per skut met 50 koeëls, indien hul die tak se geweer gebruik en R20 per skut met 50 koeëls, indien hul hul eie geweer gebruik.
Edelvalk-tak se volgende skietdag vind op 13 Maart plaas en ‘n ghongskietdag op 1 Mei by Höningvallei.



