Local sportSport

Hoërskool Ermelo verwelkom nuwe gholfafrigter

Dié veteraan-gholfspeler het op die ouderdom van 15 begin gholf speel, terwyl hy saam met ‘n vriend op vakansie in Phalaborwa was.

Mnr Eddie Daniel, die Ermelo Gholfklub se baanopsigter is nou ook die nuwe gholfafrigter by Hoërskool Ermelo.

Mnr Daniel is welbekend in Suid-Afrika se gholfkringe as ’n gholfspeler wat die meeste opetoernooie as amateur gewen het.

Dié veteraan-gholfspeler het op die ouderdom van 15 begin gholf speel, terwyl hy saam met ‘n vriend op vakansie in Phalaborwa was.

Die twee vriende het vir die junior-toernooi ingeskryf, en nadat Daniel stof in die ander spelers se oë geswaai het en as die wenner weggestap het, het hy sy liefde vir gholf ontdek.

Meneer Eddie Daniel (tweede ry van voor, links) en meneer Pieter Grobler (tweede ry van voor, regs) saam met van Hoërskool Ermelo se gholfspelers: rég en opgewonde vir 2021. (Foto: Verskaf EHS)

Hy onthou nog sy eerste gholfstel was ’n stel Sunlines.

Daniel se hoogtepunte in sy gholfloopbaan is toe hy in 2002 koning gekraai in die Kenia Ope, en toe sy seun Garry Daniel saam met hom gekies is vir Suid-Afrikaanse span om teen Botswana te speel.

“EHS is bevoorreg om hom in EHS se midde te hê en sien uit na die suksesse wat op EHS-gholf wag,” het me. Mariaan Rust, EHS-woordvoerder gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button