Local sportSport

Rolbalspelers van Standerton gaan aan kampioenskap deelneem

Oelofsen het eers sowat twee jaar gelede aan die besigheidsliga begin deelneem.

Standerton Rolbalklub se spelers het die afgelope naweek op Ermelo ‘n sonderlinge prestasie behaal.

Desmond Visser en Colin Munro is in die Mpumalanga-Wes se Ontwikkelingspan opgeneem en Marco Oelofsen is as reserwe ingesluit.

Oelofsen het eers sowat twee jaar gelede aan die besigheidsliga begin deelneem.

Die vrouespelers, Salomé Visser en Charmaine Smith, is ook in die Ontwikkelingspan opgeneem.

Die kampioenskap vind vanaf 24 tot 26 April in eMalahleni (Witbank) plaas.

Desmond Visser laat die hout op Saterdag 27 Februarie rol. (Foto: Wayne van der Walt)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button