Local sportSport

Secunda-atlete verwerf plekke op Suid-Afrikaanse ranglys

Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap vind later vanjaar in die Paarl plaas.

SECUNDA – Altesaam ses atlete van die Speedsters, ‘n plaaslike atletiekgroep op Secunda, is onder die top atlete op die Suid-Afrikaanse Atletiek ranglys wat deur die Suid-Afrikaanse Skolesport Sterre opgestel is.

Dié ranglys is opgestel volgens atlete se tye en prestasies by atletiekbyeenkoms wat verlede jaar plaasgevind het voordat die inperking begin het.

Die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap kon verlede jaar nie plaasvind nie weens die inperking.

Dié atlete is Tiyana Beukes (tweede in verspring vir D0/11), Tiaan de la Rey (negende in 100m hekkies), Thlonofantso Moloshane (agtste in 80m hekkies vir S0/13), Andrea de Wet (10de in verspring vir S0/12), Jessica van Rooyen (10de in verspring vir D0/11) en Matsidiso Makgato (eerste in 75m hekkies, derde in 100m en sesde in verspring vir D0/13).

Die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap vind later vanjaar in die Paarl plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button