Altesaam 85 hengelaars van Standerton vang 714 visse
Die visse het op 464.743kg ingeweeg.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 13 Maart ‘n naweekkompetisie aangebied waar 85 hengelaars, waarvan 16 besoekers, ‘n totale vangs van 714 visse aan wal gebring het.
Die visse het op 464.743kg ingeweeg.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.
Carel Lombard het in die meestersafdeling geseëvier met 46 visse van 10.860kg, gevolg deur Danie Human met 34 visse van 20.130kg en Frikkie Bezuidenhout met 17 visse van 22.570kg.
Bezuidenhout het die vis van die dag vasgekap.
Shawn Munro was onoorwonne in die seniorafdeling met 44 visse van 40.800kg, terwyl Gerhard van Zyl tweede was met 53 visse van 27.280kg en Janco Froneman derde met 27 visse van 14.000kg.
Willem Hermann het die vis van die dag inkatrol.
Lethica Human het die vroue-afdeling beklink met 22 visse van 5.870kg, gevolg deur Ilene Schonken met 21 visse van 5.120kg en Mariska Joubert met 15 visse van 6.960kg.
Louisa Nel het die vis van die dag gevang.
Xander Bailey het die juniorafdeling gewen met 27 visse van 20.540kg, terwyl Ruan van Zyl tweede was met 13 visse van 7.440kg en Ruandrey van Heerden derde met 14 visse van 4.800kg.
Van Zyl het die vis van die dag aan wal gebring. Kiano Lottering het die penkopafdeling verower met 18 visse van 5.750kg, gevolg deur Ty Mortloek met nege visse van 2.700kg en Nikita Hermann met twee visse van 3.100kg.
Mortlock het die vis van die dag vasgekap.



