Local sportSport

Ronald Kinnear swaai die septer by gholfkampioenskap op Standerton

Aldo Arnaldi het met ’n kolhou geslaag.

Ronald Kinnear het met die louere weggestap nadat hy as Standerton Buiteklub se gholfkampioen aangewys is.

Altesaam 44 spelers het mekaar die stryd op Saterdag 13 Maart en Sondag 14 Maart aangesê. Die kampioenskap is oor 36 putjies beslis.

Aldo Arnaldi het met ‘n kolhou geslaag.

Patrizia Lombard was die kampioen in die B-afdeling vir die vroue en Ronél Starbuck in die C-afdeling.

Vaatjie van Rensburg was die kampioen in die B-afdeling vir die mans en Wian Starbuck in die C-afdeling.

Ronald Kinnear ontvang op Sondag 14 Maart sy trofee van Theuns Adendorff (klubkaptein).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button