Local sportSport

Edelvalk-tak van Standerton het besige program

Edelvalkers sal op 13 April ’n maandvergadering by die kriekethuis van Vaalrivierskool hou.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het hul program vir April tot begin Mei bekendgemaak.

Die Evert Genis-skietbaan sal op 10 April gasheer speel vir ‘n takskietkompetisie, waar skuts hul vaardighede met teikens soos die springbok- en sebratabel, asook handwapen-jag- en haelgeweer kan toets.

Edelvalkers sal op 13 April ‘n maandvergadering by die kriekethuis van Vaalrivierskool hou.

‘n Windbuksskietoefening word in die vooruitsig vir 22 April gestel, wat weer by die Standerton Skouterrein sal plaasvind.

Skuts kan vir ‘n streekskietkompetisie vir 24 April by die Evert Genis-skietbaan inskryf. ‘n Ghongskietdag sal op 1 Mei by Höningvallei plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button