SECUNDA – Lede van die Secunda Hengelklub het groot visse uitgetrek op Saterdag, 3 April tydens die klubkompetisie wat by Chrissiesmeer plaasgevind het.
Sam Burns was die wenner onder die senior hengelaars en sy visse het 61,80kg geweeg, D. Ebersohn het tweede geëindig in dié afdeling met visse wat 31,36kg geweeg het en J. De Jager het derde geëindig met visse wat 26,93kg geweeg het.
J. Ebersohn was die wenner onder die vroue en haar visse het 12,55kg geweeg.
L. Ebersohn was die wenner onder die junior hengelaars met sy visse wat 22,02kg geweeg het.
Burns het ook die swaarste karp gevang wat 2,52kg geweeg het en J. Ebersohn het die swaarste karp onder die vroue gevang wat 1,42kg geweeg het.
K. Koekemoer het die swaarste karp onder die junior hengelaars uitgetrek wat 1,42kg geweeg het.
Hengelaars van Secunda Hengelklub het op Saterdag en Sondag (10 en 11 April) weer eens lyne natgemaak tydens ‘n kompetisie by Eilandsmeer naby Chrissiesmeer.
L. Peens het Saterdag die grootste karp gevang onder die seniors.
Dié karp het 2,51kg geweeg.
A. Steyn het Sondag die grootste karp onder die juniors gevang en dié karp het 2,30kg geweeg.
S. de Jonge het op beide dae die grootste visse onder die vroue uitgetrek en dié visse het onderskeidelik 0,63kg en 1,30kg geweeg.
L. Peens het op beide dae die Penkop enige vis-afdeling gewen en haar baber het 0,44kg geweeg en haar karp, 0,52kg.
Peens was ook die wenner onder die seniors met 66 visse wat 63,85kg geweeg het terwyl Gerhradt Henn tweede geëindig het in dié afdeling met 41 visse wat 40,01kg geweeg het en A. Steyn derde met 30 visse wat 19,24kg geweeg het.
De Jonge het ook die vroue-afdeling gewen met 33 visse wat 15,36kg geweeg het en Peens het tweede in dié afdeling geëindig met 23 visse wat 7,10kg geweeg het.
Peens het die penkop-afdeling gewen met 17 visse wat 4,47kg geweeg het.












