Local sportSport

Skuts van Standerton bedrywig op die skietbaan

Edelvalkers het die militêre veterane bedank wat kos en drinkgoed op die baan voorsien het, sowel as Iwan Lues, Helen Ellis, Harry Beukes, Wynand Ferreira en Carla Lues vir hul bystand.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het op Saterdag 10 April ‘n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

By die springboktabel het Johan Geldenhuis se 260.05 die deurslag gegee, terwyl Xander Bailey tweede met 250.06 geëindig het en Annatjie Buys derde met 220.04.

Buys het ook in die vroue-afdeling geseëvier, gevolg deur Helen Ellis met 180.01 en Zietske Bailey met 150.03.

Xander Bailey was onoorwonne in die juniorafdeling met 250.06, gevolg deur Zietske Bailey met 150.03 en Luan du Plessis met 150.01.

By die bosveld-sebratabel het Xander Bailey met 270.09 koning gekraai, terwyl Johan Geldenhuys tweede was met 260.06 en Jacques Dalhouzie derde met 250.04.

Carla Lues het in die vroue-afdeling met 230.05 skoonskip gemaak, gevolg deur Helen Ellis met 190.02 en Annatjie Buys met 140.02.

Xander Bailey het weer eens die juniorafdeling beklink met 270.09.

By die super juniors (met stokke) het Zietske Bailey die eerste plek met 250 behaal, terwyl Luan du Plessis tweede was met 180 en Harry Beukes derde (jnr) met 60.

By die Bosveld (oop visier) het Iwan Lues se 160 aan hom die eerste plek besorg en JC Schoeman het by handwapen-jag met 100.01 die septer geswaai.

By haelgeweer-kransduif is die eerste drie plekke ingeneem deur Johan Geldenhuys (12), Lourens Buys (11) en JC Schoeman (7).

Edelvalkers het die militêre veterane bedank wat kos en drinkgoed op die baan voorsien het, sowel as Iwan Lues, Helen Ellis, Harry Beukes,

Wynand Ferreira en Carla Lues vir hul bystand.

Die volgende skietdag vind op 15 Mei plaas.

‘n Intertakskietdag word vir 24 April beplan en ‘n ghongskietdag vir 1 Mei by Höningvallei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button