Local sportSport

Sasol Secunda Krieketklub speel verskeie wedstryde

Dit is behaal danksy 'n top gehalte kolfbeurt van Michael Rossouw wat 'n vinnige 34 lopies aangeteken het om Sasol oor die streep te help. Volgende naweek sal Sasol 2 Bulldogs in aksie wees teen Kinross op Saterdag, 24 April, terwyl Sasol 1 Secunda vir Ermelo sal aanpak op Sondag, 25 April.

SECUNDA – Sasol Secunda Krieketklub se twee 0.13-spanne het mekaar op Saterdag, 17 April aangevat.

Dié westryd het bewys hoe gesond die jong talent op dorp is.

Sasol Stars het eerste gekolf en het 118 in hul 20 beurte gemaak.

Chris van Schalkwyk het 49 lopies aangeteken.

Sasol Strikers het die telling behaal in die 15de beurt met Andries Nel wat 51 lopies, nie uit nie, aangeteken het.

‘n Baie jong Sasol 2 Bulldogs-span het met vier paaltjies vasgeval teen Ermelo in die Swanepoel Stadion op Ermelo.

Sasol Vipers se 0/19-span het ook op die Swanepoel Stadion teen die manne van Piet Retief kragte gemeet.

Sondag het Sasol 1 Secunda vir eMba aangedurf op Sasol se tuisgronde op Secunda.

Nicus Boshoff, met 46 lopies, het Sasol gehelp om 154 lopies vir ses paaltjies in hul 20 beurte aan te teken.

eMba kon slegs met 115 lopies vir sewe paaltjies antwoord in hul 20 beurte.

Colin van Staden het twee paaltjies vir 11 lopies geneem en George Louw het twee paaltjies vir 10 lopies gevel.

In die middag was Sasol Spartans se 0/19s in aksie teen eMba se0/19-span.

Emba het vir Sasol 144 lopies op die bord gestel.

Sasol kon die totaal bereik in die laaste beurt op die dag.

Dit is behaal danksy ‘n top gehalte kolfbeurt van Michael Rossouw wat ‘n vinnige 34 lopies aangeteken het om Sasol oor die streep te help.

Volgende naweek sal Sasol 2 Bulldogs in aksie wees teen Kinross op Saterdag, 24 April, terwyl Sasol 1 Secunda vir Ermelo sal aanpak op Sondag, 25 April.

Albei wedstryde sal op Sasol se veld gespeel word.

Johan Visagie moker die bal vir die Sasol 1-span se wedstryd teen eMbalenhle.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button