Sasol Bulldogs klop Kinross op Secunda
Kinross verloor teen Ermelo in krieketwedstryd.

SECUNDA – Die Sasol Bulldogs het op Saterdag, 24 April met Sasol Kinross Krieketspan afgereken en 169 lopies in 20 boulbeurte aangeteken.
Johan van Antwerpen van die Bulldogs het 71 lopies aangeteken en Phillip Swart het 49 aangeteken.
Kinross kon slegs 40 lopies aanteken en Swart het vyf paaltjies laat kantel terwyl JP Austin vier paaltjies laat kantel het vir 13 lopies in vier beurte.
Sasol 1 het op Sondag, 25 April met die Ermelo Warriors kragte gemeet en die wedstryd gewen met 10 paaltjies.
Austin het weer eens drie paaltjies vir slegs 13 lopies geneem in vier beurte.
Ermelo het 92/5 aangeteken in hul 20 beurte.
Sasol het die telling in die 11de beurt behaal en geen paaltjies verloor nie.
Van Antwerpen en George Louw het onderskeidelik 46 en 44 lopies, nie uit nie, aangeteken.
Kinross het Sondagmiddag met Ermelo kragte gemeet en vasgeval met vier paaltjies.



