SAJWV-skuts laat slagdoppies deur die lug vlieg
Jacques van Zyl is die wenner in die mans groot kaliber-afdeling, gevolg deur WJ Swart in die tweede plek en Lood Pretorius in die derde plek.
Skuts van Ermelo het op Saterdag, 8 Mei aan die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se maandelikse klubskietkompetisie by Vlakfonteinskietbaan deelgeneem.
’n Totaal van 33 skuts het dié kompetisie bygewoon.
Die inskrywings het om 8vm plaasgevind en die inligtingsessie om 8.45vm.
Jacques van Zyl is die wenner in die mans-afdeling vir groot kaliber-vuurwapens, gevolg deur WJ Swart in die tweede plek en Lood Pretorius in die derde plek.
In die Jakkals-afdeling het WJ Swart ’n eerste plek behaal met Roger Barnett tweede.
Die wenner van die semi-outomatiese randslag-afdeling was Roelf Botha, met Ben Oelofse en Roger Barnett onderskeidelik tweede en derde.
Elize Barnett was die wenner in die vroue-afdeling.
In die semi-automatiese senterslag-afdeling het Jan Kirk met die eerste plek weggestap, Andrew Bekker was tweede en Frans Uys derde.
Christa Uys het die eerste plek behaal vir die vroue in die semi-outomatiese senterslag-afdeling.
Lees die Hoëvelder vir die al die uitslae van die klubskietkompetisie.



