48 hengelaars van Standerton weeg 113 vis in
Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.

Meyerville Hengelkub het op Saterdag 8 Mei ‘n kompetisie aangebied waar 48 hengelaars, onder andere 14 besoekers, ‘n totale vangs van 113 vis met ‘n gewig van 110.060kg vasgekap het.
Die vis van die dag was ‘n karp.
Jorrie Jordaan het eerste in die meestersafdeling geëindig met 10 vis van 22.160kg, terwyl Carel Lombard tweede was met 10 vis van 3.500kg en Dries van Rensburg derde met twee vis van 8.860kg.
Vis van die dag het aan Van Rensburg gegaan.
Elpee Jordaan was onoorwonne in die seniorafdeling met 12 vis van 30.800kg, gevolg deur Phillip Kogh met agt vis van 2.860kg en Danny Bosman met sewe vis van 2.800kg.
Phlippie van Vuuren het die vis van die dag inkatrol.
Ilene Schonken het in die vroue-afdeling geseëvier met ses vis van 1.440kg, terwyl Elain Munro tweede was met twee vis van 1.840kg en Louise van Vuuren derde met een vis van 0.180kg.
Munro het die vis van die dag ingeweeg.
Lourens van Vuuren het die juniorafdeling gewen met een vis van 0.780kg, gevolg deur Sihan Fourie met een vis van 0.420kg.
Van Vuuren het die vis van die dag gevang. Ty Mortlock het koning in die penkopafdeling gekraai met vier vis van 1.060kg, terwyl Arianna de Villers tweede was met een vis van 3.080kg.
De Villers het die vis van die dag ingeweeg.



