Local sportSport

Karatekas van Standerton kry opleiding in Durban

Hulle het reeds Vrydag van 5nm tot 6.30nm geoefen, was Saterdag besig van 9vm tot 11vm en die sessie is Sondag voortgesit van 8vm tot 11vm.

Twee karatekas van Skisa Three Swords Dojo het die naweek van Vrydag 30 April tot Sondag 2 Mei aan ‘n opleidingsessie in Durban deelgeneem.

Jannie Degenaar en Reney Raven het onder die wakende oog van Skisa se hoofinstrukteur, Brando Pillay, hooggevorderde kombinasie en tegnieke geoefen.

Hulle het reeds Vrydag van 5nm tot 6.30nm geoefen, was Saterdag besig van 9vm tot 11vm en die sessie is Sondag voortgesit van 8vm tot 11vm.

“Hy het ons laat les opsê,” het Degenaar gesê.

“Die opleiding was egter baie goed.”

‘n Kongres vir alle instrukteurs is ook dié naweek aangebied.

Die Wêreldkampioenskap in Tokio, Japan word vir September volgende jaar beplan en die nasionale span hou ‘n oefenkamp in die Drakensberge van 15 tot 17 Mei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button