Local sportSport

Fritz en Alta blink uit tydens die Mpumalanga Wes Enkel Kampioenskap

Fritz Olmesdahl het ’n tweede plek in die ope mansafdeling behaal en Alet Schneider ’n vierde plek in die ope vroue-afdeling.

Twee lede van Ermelo Rolbalklub het op Saterdag en Sondag, 8 en 9 Mei tydens die Mpumalanga-Wes Enkelkampioenskap uitgeblink.

Die mans- en vroue opetoernooi het op Ermelo plaasgevind, terwyl die veterane, sake op Secunda uitgespook het en Witbank die gasheer vir die beginners was.

In die ope-mansafdeling het Lanie Nel van Sasol Secunda Rolbalklub, as wenner uit die stryd getree met Fritz Olmesdahl van Ermelo Rolbalklub – wat hul naam hoog gehou het, as naaswenner.

Alet Schneider het ‘n vierde plek in die ope vroue-afdeling verower. In Witbank, het Anneke Combrick derde geëindig.

Die top vier spelers in elke afdeling in die Mpumalanga-Weskampioenskap, sal op 22 en 23 Mei teen spelers van die Laeveld, in die Mpumalanga-kampioenskap te staan kom.

Ermelo Rolbalklub sal weer die gasheer vir die ope-afdeling wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button