Oud-spelers en bestuur van Ermelo Rugbyklub hou reünie
Mnr. Riaan Beukes, een van die organiseerders, het gesê: "Ek, en Abrie de Jager, Sas Sasenberg en Bakkie Brown het, nadat ons mekaar raakgeloop het en oor die goeie, ou dae gesels het, dit goedgedink om al die ou spelers weer bymekaar te kry."
Voormalige rugbyspelers en bestuurslede van Ermelo Rugbyklub het op Saterdag, 8 Mei ‘n reünie gehou.
Sowat 160 oudspelers en hul metgeselle het dié reünie by die Jimmy Loubser-saal op die skouterrein, bygewoon.
Mnr. Riaan Beukes, een van die organiseerders, het gesê: “Ek, en Abrie de Jager, Sas Sasenberg en Bakkie Brown het, nadat ons mekaar raakgeloop het en oor die goeie, ou dae gesels het, dit goedgedink om al die ou spelers weer bymekaar te kry.”
Mnr. Jimmy Stonehouse, direkteur van die Puma Rugby-unie en voormalige lid van Ermelo Rugbyklub, het ook die aand bygewoon.
Hy was ook die seremoniemeester vir die aand en het die gaste met sy sangtalent vermaak.
“Dit was ‘n aand van min formaliteite en heerlike samesyn,” het mnr. Beukes gesê.
Ermelo Rugbyklub is in 1893 gestig.
Dié klub staan nou bekend as die Ermelo Brahmanne en enigeeen, wat wil deel raak van die klub, kan mnr. Bennette Burger, hoofafrigter, skakel by 084 421 9334.
Hul oefentye is Dinsdae en Donderdae om 5.30nm.



