Local sportSport

Skote klap vir ‘n vale by klub se skietdag

Skuts van Standerton hou daardie gewere gerig op teikens

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Edelvalk-tak het op Saterdag 15 Mei by die Evert Genis-skietbaan ‘n takskietkompetisie gehou.

Die tabelle vir die skuts, wat volgens alle aanduidings die onaangename weer moes trotseer, is opgerig.

By die jakkalsteiken het JC Schoeman gemaklik die eerste plek behaal met 140,01, gevolg deur Iwan Lues met 130,02 en Helen Ellis met 110,01.

Evert Genis (snr) het vierde, ook met 110,01 geëindig en Cobus de Wet vyfde met 110,00.

Die vroue se ramgorde was Ellis, Carla Lues (110), Elri Bester (45), Rina Booysen (40) en Annatjie Buys (15).

By die juniors het Jurriaan Booysen (jnr) 60,00 behaal, gevolg deur Leo Bester met 50,00 en Marnus Booysen met 40,00.

By die swartwildebeesteiken het Jako Steenkamp geseëvier met 41,00, gevolg deur Stoffel Bester met 40,02 en Carla Lues met 32,00.

Evert Genis het vir die seniors 30,03 behaal en Leo Bester vir die juniors 29,01.

Die vroue se plekke is ingeneem deur Carla Lues (32), Ellis (19), Annatjie Buys (18,02), Elri Bester (17) en Marscha Bierman ((-3).

Jako Steenkamp was onoorwonne by die .22-bankrus met 237, met Elri Bester kort op sy hakke met 236.

Morné Kapp het ook 236 behaal, Stoffel Bester 227, terwyl JC Schoeman 205 en Iwan Lues 203 behaal het.

Leo Bester het vir die juniors met 197 geëindig. Die vroue se rangorde was Elri Bester (236), Carla Lues (191), Ellis (168) en Annatjie Buys (146).

By haelgeweer-fisant het Steenkamp weer eens geseëvier met 12, gevolg deur Albertus Steyn met 9 en Lourence Buys (snr), ook met 9.

‘n Windbuksskietoefening word op 27 Mei by die Standerton Skouterrein aangebied.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button