Local sportSport

Jannie Nichols seëvier by gholfkompetisie op Standerton

Gerrit Coetzee, Nichols en Deon Grimsell was in die kol by die ‘mystery birdie’.

Jannie Nichols was onoorwonne met +3 by die Bonus Bogey-gholfkompetisie op Saterdag 23 Mei by die Standerton Buiteklub.

Nico Lombard het in die tweede plek met +2 geëindig, gevolg deur Jacques Scholtz met +1. Theuns Adendorff het met sy +1 die vierde plek behaal.

Scholtz en Nortjé het die boerpot gewen.

Gerrit Coetzee, Nichols en Deon Grimsell was in die kol by die ‘mystery birdie’.

Adendorff, Nico Lombard, Patrizia Lombard, Nichols en Wian Starbuck het elk ‘n spog-twee behaal.

In die uitklopronde het Adendorff vir Casper Roux met 2 op geklop, Heinu Gouws het Starbuck se telling halveer en Louis Gravett het Scholtz 1 op geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button