Ermelo Brahmanne klop Volkrust op Volksrust se tuisveld
Die span se afrigter mnr. Bennette Burger het vertel dat hoewel 'n wegwedstryd nie altyd van die maklikste is nie, die manne van Ermelo hul man gestaan en goeie dissipline op die veld gewys het.
Ermelo Brahmane Rugbyklub het op 28 Mei teen Volksrust op Volksrust se tuisveld te staan gekom.
Die span het die wedstryd met 36-20 gewen met drieë wat deur Jeandré Muller, Zevey Geel en Nico Grobler gedruk is.
Sindiswa Mabokane en Zevey Geel is na afloop van die wedstryd as Agterspelers van die Wedstryd aangewys en Jeandré Muller en Willie de Jager is as die Beste Voorspelers van die Wedstryd aangewys.
Die span se afrigter mnr. Bennette Burger het vertel dat hoewel ‘n wegwedstryd nie altyd van die maklikste is nie, die manne van Ermelo hul man gestaan en goeie dissipline op die veld gewys het.

Hy is positief vir die seisoen wat voorlê. Die Brahmane het PC Sand, Ermelo Fire & Signs en Mclovin Trading – wat hul vanjaar borg, bedank.
Mnr. Burger het ook die Msukaligwa Munisipaliteit vir die gebruik van die rugbyveld bedank.
Hy nooi alle rugbymanne om Dinsdae en Donderdae om 5.30nm by die Brahmanne se oefening aan te sluit.

Vir meer inligting skakel mnr. Burger by 084 421 9334.



